Deon Lotz

Deon Lotz
Geboorte 20 Julie 1964 (1964-07-20)
Nasionaliteit Suid-Afrika
Beroep(e) Akteur
Toekennings 7de Zurich Filmfees (beste akteur, 2011)
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Deon Lotz (* 20 Julie 1964– ) is 'n Suid-Afrikaanse akteur en voormalige hotelbestuurder. Hy is bekend vir sy rolle is films soos Skoonheid, Roepman en Faan se Trein. Hy het in talle verhoogproduksies opgetree en ook radiowerk gedoen.

Lotz was in 1982 hoofseun van die Hoërskool Zwaanswyk in Retreat, Kaapstad, en het 'n diploma van die Akademie vir Dramakuns (ADK) in Kaapstad verwerf en in die Drakensberg-seunskoor gesing.[1]

  1. Lotz het al byna álle rolle vertolk, Die Burger, 29 Julie 2007

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy